Loading Events
  • This event has passed.

Die Prestige-reeks van die Endler Konsertreeks stel graag aan u voor die Russiese tjellis Alexander Ramm, in ‘n program op Sondag 2 Junie om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch. Ramm is ‘n silwermedaljehouer van die Internasionale Tsjaikofski-kompetisie (Moskou, 2015), en behoort tot die jonger geslag van tjelliste. Hy is bekend vir sy artistieke instelling en bykans ongeëwenaarde tegniese vaardighede. Sy begeleier is die Amerikaanse pianis Bryan Wallick, wat in eie reg gehuldig word as ‘n “briljante en intense virtuoos”.

Die program sluit in Beethoven se Tjellosonate in g-mineur, op. 5/2 en Benjamin Britten se eerste Suite vir solo-tjello. Beethoven se sonate is een van die komponis se vroegste publikasies, en bevat al die elegansie en verfyndheid van die Weense Klassiek, maar is nogtans ‘n voorbeeld van die komponis se soms stormagtige uitdrukkingsgehalte. Britten se solo-suites het ontstaan in opdrag van die Russiese tjellis Mstislav Rostropowitsj. Die voor die hand liggende model vir Britten was Sebastian Bach se ses suites, en is in der waarhheid geïnspireer deur ‘n uitvoering daarvan deur Rostropowitsj. N die pouse speel die duo Tsjaikofski se Pezzo Capriccioso, ‘n kort karakterstuk, en Chopin se Tjellosonate in g-mineur –  wat een van die mees roerende stadige dele vir die tjello-en-klavier ensembles.

Kaartjies teen R160 (gewoon) en R120 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Program:

Beethoven Cello Sonata in G minor Op. 5 No. 2

Benjamin Britten Solo Cello Suite No. 1

Interval

Tchaikovsky Pezzo Capriccioso

Chopin Cello Sonata in G minor

Share This Story, Choose Your Platform!