Loading Events
  • This event has passed.

Roxane Steffen,die hoof kontrabassis van die Kaapstadse Filharmonie , en dosent  aan beide die Universiteiet van Stellenbosch en die Kaapstadse Musiekkollege, sal kragte saamsnoer met Mariechen Harley, wat onlangs teruggekeer het uit die VSA, waar sy haar PhD-studies (kontrabas) voltooi het. Tesame sal die duo die gehoor meevoer na die ongewone wêreld van die grootste van die strykersfamilie, met ‘n verskeidenheid oorspronklike musiek vir solo- en duo-kontrabas. Jose Dias sal optree as begeleier. Werke op die program sluit in komposisies van David Anderson, Nino Rota en Giovanni Bottesini.

Hierdie konsert vorm deel van die Endler Konsertreeks, en vind plaas om 8 nm op Vrydag 21 September in die Endlersaal, Stellenbosch.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!