Loading Events
  • This event has passed.

Tussen 4 en 6 September bied die SA Musieknavorsingsvereniging ‘n werkswinkel vir die Big Band-genre aan by die Universiteit van Stellenbosch, met opleiding in verwerking, komposisie, dirigering en uitvoering. Die personeel wat leiding sal gee is Felicia Lesch, Amanda Tiffin en Natalie Rungan. Die geleentheid val ook saam met die Musiekvereniging se jaarlikse kongres by die Musiekdepartement. Lede van die publiek is welkom om die praatjies, demonstrasies, paneelsessies en uitvoerings by te woon. Meer inligting is beskikbaar by www.sasrim.ac.za.

Die hoogtepunt van die werkswinkel is die Big Band-konsert met die Universiteit se Jazz-ensemble en hulle gaste op 6 September in die Endlersaal. Die program sluit eerste uitvoerings in van vyf werke wat spesiaal vir hierdie geleentheid geskryf is, deur Claire Röntsch, Clara Marincowitz, Nicky Schrire, Haydon Harvey en Keith Moss.

Die Lady Day Big Band van Kaapstad het ‘n spesiale gasoptrede by hierdie konsert.

Die gehoor kan uitsien na ou gunstelinge sowel as nuwe komposisies deur jonger opkomende komponiste, en uitgevoer deur ‘n dinamiese groep van  Stellenbosch-studente en professionele musici. As egte en beste Suid-Afrikaanse jazz is hierdie ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting kontak Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!