Loading Events
  • This event has passed.

In samewerking met die Suid-Afrikaanse Saxofoonsimposium bied die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Houtblasersensemble ‘n konsert aan op Saterdag 31 Augustus om 3nm. in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die konsert sal onder leiding staan van die Belgiese gasdirigent, Rik Ghesquière. Ghesquière is mede-stigterslid van die Vlaamse-Brabant Simfonieorkes, en trompetspeler in die Brusselse Filharmonie.Hy is ook die dirigent van die Brusselse Filharmoniese Jeug Orkes.  Die konsert begin met Fanfare gevolg deur Let the Good Times Roll, beide gekomponeer deur Ereprofessor van Komposisie by die Africa Open Instituut,  Michael Blake.  Laasgenoemde is ‘n opdragwerk vir hierdie konsert. Afrika Jeugsuite vir solo-saxofoon en blaasorkes – ‘n opdragwerk van die Saxofoonsimposium spesifiek vir die simposium, gekomponeer deur William Haubrich, Hoof van Koperblaas by UK se SA College of Music.

Matthew Lombard en Liam Burden sal die soliste wees in die concerto vir twee saxofone, Dark Rain, ‘n werk van die Britse komponis en saxofonis, Andy Scott. Dit sluit ‘n verskeidenheid van musiekstyle in, insluitend klassiek, jazz en avant garde. Matthew Lombard het onlangs sy doktorale studies by die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles voltooi. Liam Burden is die dirigent en Hoof van die Blaasafdeling by Hugo Lambrechts Musieksentrum en saxofoon dosent by die Departement Musiek, US. Windworx Simfoniese Blaas Ensemble, gedirigeer deur Rik Ghesquère sal ook by hierdie konsert optree ter afsluiting van die 2019 SA Nasionale Saxofoonsimposium.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, aook by die deur. Vir meer inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!