Loading Events
  • This event has passed.

Die Virtuoso Amateurs! is ‘n klavierfees wat elke jaar die beste klavier-amateurs en klavierliefhebbers byeenbring. Dit bied aan hierdie pianste geleentheid om voor die publiek op te tree en deel te neem aan meestersklasse by die mees geagte professionele musici.

Die klavierfees het ‘n sterk internasionale dimensie, met ‘n verskeidenheid genooide deelnemers. Elke jaar word ‘n nuwe “reisende weergawe” in ‘n nuwe land georganiseer. Vorig lande sluit in Brasilië, China, Hongarye, Rusland, Argentinië, Morokko en Duitsland. Die gasheerland vir 2018 – die 10de jaar van die geleentheid – is Suid-Afrika. Tussen 10 en 18 November sal pianiste deelneem aan meesterklasse deur François du Toit, Albie Van Schalkwyk, Jan Hugo, Jay Gottlieb en Philip Fowke.

Die Endler Konsertreeks, in samewerking met die Virtuoso Amateurs! Festival, bied op Sondag 11 November ‘n konsert aan wat deel vorm van die Fees. Dit vind plaas om 4:30nm in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die program sluit in werke vir solo- en twee klaviere van Bach, Mozart, Mussorgski en Rachmaninof, uitgevoer deur die Amerikaanse pianis Dale Backus en die Duitse pianiste Matthias Fischer en Johannes Gaechter.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!