Loading Events
  • This event has passed.

As deel van die Endler Konsertreeks verskyn die marimba-duo Dylan Tabisher and Cherilee Adams in ‘n program getiteld “Cross of Cultures”. Beide Dylan en Cherilee is MMus-graduandi van die Universiteit van Stellenbosch University, en is ‘n goed gevestigde ensemble – sowel plaaslik as in die buiteland.

Vir dié program konsentreer die duo op die unieke klankspektrum van verskillende wêreld-musiekkulture. Die Japannese komponis Keiko Abe se natuur-geïnspireerde musiek word gevolg deur die ritmes van Afrika – die tuiste van die marimba. Hulle speel bewerkings van liedere van die kontinent, sowel as ‘n in-diepte ontginning van die tradisionele trommelkultuur van Afrika. Die program sluit ook in ‘n komposisie van Keith Tabisher, Dylan se vader, getiteld ‘Gebed om genesing.’ Die duo se musikale reis word voortgesit in die Balkan en Midde Ooste, met musiek van Nebosja Zivkovic en Adi Morag. Die finale werk op die program is twee Argentynse tangos van Astor Piazzolla.

Kaartjies teen R120 (gewoon) en R80 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!