Loading Events
  • This event has passed.

Op 28 en 29 September lewer die gesamentlike kore van die Schola Cantorum en die Universiteit van Stellenbosch se Kamerkoor ‘n uitvoering van Duruflé se Requiem vir koor en orkes in die Endlersaal, onder die leiding van Martin Berger.

Die openingswerk van die konsert is Sebastian Bach se kantate, Lobet Gott in seinen Reichen, BWV 11 (ook bkend as die Hemelvaart-oratorium) wat ooreenkomste toon met die gewilde Kersfees-oratorium wat kort tevore gekomponeer is. Dit word opgevolg deur Sjostakowitsj se Kamersimfonie, op. 110a, in sigself ‘n strykorkesverwerking van die komponis se agste strykkwartet (op. 110), deur die Russies altviolis Rudolf Barshai.

Duruflé se Requiem, sy langste en mees betekenisvolle komposisie, dateer uit 1947, ‘n werk wat spoedig een van die bekendste koorwerke van die 20ste eeu geword het. Soos in die geval van Fauré se Requiem, het Duruflé die dramatiese opera-element – kenmerkend vir Verdi en Berlioz se toonsettings – in sy Requiem vermy ten gunste van kalmte, rus en vrede. Behalwe vir die opvallende stylooreenkomste met die werk van Fauré, het ook die musiek van Debussy en Messiaen bygedra tot die Requiem se klankbeeld. Die werk is in geheel gebaseer op Gregoriaanse liturgiese melodieë.  Die gekombineerde Schola Cantorum en Kamerkoor sal ondersteun word deur strykers, harp, pouke en drie trompette.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) s tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting kan met Fiona Grayer geskakel word by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!