Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks se Prestige-reeks stel graag bekend Nikita Borisoglebsky (viool), Alexander Buzlov (tjello) en Bryan Wallick (klavier) op Saterdag 9 Junie om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die program is saamgestel uit drie van die bekendste klaviertrios in dié genre. Beethoven bekende Trio in D-majeur, op. 70 no. 1 – ook bekend as die Geister-trio vanweë die sonderlinge klankeffekte van die tweede deel. Brahms se eerste Klaviertrio, in B-majeur, op. 8 is later deur die ryper en meer ervare komponis hersien. Mendelssohn se eerste trio (d-mineur, op. 49) is ‘n tipiese voorbeeld van Mendelssohn se musikale lewensvreugde en terselfdertyd waardige styl, en het een van die komponis se mees gewilde kamermusiekwerke geword.

Nikita Borisoglebsky is die ontvanger van etlike pryse in hoog aangeskrewe vioolkompetisies, insluitende die Internasionale Jean Sibelius-, Fritz Kreisler-, Monte Carlo-, Tsjaikofski- en die Koningin Elizabeth-Vioolkompetisies. Alexander Buzlov is ‘n verdere Tsjaikofski-pryswenner, en het geen bekendstelling in Stellenbosch nodig nie, vanweë sy sprankelende vertolkings gedurende die afgelope paar jaar tydens die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees. Die Amerikaanse pianis Bryan Wallick, geloof vir sy “virtuose, briljante en intense voordragte” is die derde lid van hierdie manjifieke trio, wat ‘n onvergeetlike kamermusiekaand beloof.

Kaartjies teen R160 (gewoon) en R120 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en ook by die deur. Vir verdere inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!