Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks is vanjaar weer eens die aanvoerder van die Jeug-concertofees, op Saterdag 21 September om 8 nm. in die Endlersaal. Jong soliste wat deur oudisies geidentifiseer word vir die fees sal saam met die Universiteitsimfonieorkes onder leiding van Corvin Matei. Prof. Matei was tussen 2006 en 2018 die musiekdirekteur en permanente dirigent van die orkes, en keer graag terug na die Endlersaal vir hierdie spesiale konsert.

Die Concertofees – wat elke twee jaar plaavind – dien as  die ideale vertrekpunt vir jong uitblinker-instrumentaliste en sangers van die plaaslike Musiekdepartement.

Die studente-soliste by hierdie geleentheid is Jean Botha (fagot), Daniel Brodie (klavier), Féroll-Jon Davids (klarinet), Lourens Fick (klavier), Lara Havenga (trompet), Emilio Lorenzo (marimba), Josie McClure (saxofoon), Jana van Dyk & Chanté van der Westhuizen (sang) en Cameron Williams (klarinet). Etlike individue van hierdie groep was reeds beurs- en pryswenners van kompetisies soos dié van die ATKV, Fine Music Radio, die nasionale UNISA-klavierkompetisie, Mabel Quick en andere.

Die gehoor kan verseker wees van ‘n verskeidenheid van programme, insluitend dele uit konsertwerke soos dié van Hummel (trompet), Spohr (klarinet), Mozart (fagot) en Rachmaninof (derde klavierkonsert). Ander enkeldelige werke is die gewilde Blommeduet uit Delibes se Lakme, Bela Kovats se Sholem alekhem, rov Feidman! vir klarinet, asook die volledige eerste klavierkonsert van Prokofjef. Suid-Afrikaanse werke sluit in Peter Klatzow se Concerto vir Marimba en Strykers en Hendrik Hofmeyr se Concerto vir Saxofoon en Orkes.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!