Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks bied graag die Kaapstadse Houtblaaskwintet aan op Sondag 28 Oktober om 4:30 nm in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die Kwintet bestaan uit die voorste houtblasers van die Kaapstadse Filharmonie, met ‘n program van nuwe sowel as klassieke gunstelinge uit die kwintet-repertorium. Die hoofspelers van die orkes is Gabriele von Durckheim (fluit), Daniel Prozesky (klarinet), Lisa White (hobo), Caroline Prozesky (horing) en Simon Ball (fagot). Die program sluit in Ibert se Trois Pièces brèves, Hindemith se Kleine Kammermusik en Allan Stephenson se Divertimento.

Die veelsydige Franse komponis, dirigent en musiekleier Jacques Ibert se vernuftige partituur van kort bewegings is humoristies, kleurvol en vindingryk. Sy keuse van houtblasers toon die kwintet se ryk klankverskeidenheid en –kleure. Die Duitse komponis Paul Hindemith se Klein Kamermusiek is ‘n onbetwiste hoogtepunt van die 20ste-eeuse houtblaas-repertorium, speels en lewendig, en die kleinste ensemble werk van die komponis se reeks van agt kamermusiekwerke. Dié werk se sterk ritmiese vitaliteit, humor en parodie is ‘n aantreklike ontginning van die virtuose en tonale moontlikhede van die blaaskwintet-ensemble. Die Britsgebore Suid-Afrikaanse komponis Allan Stephenson is goed bekend aan Suid-Afrikaanse gehore. Sy musiek is al beskryf as “onbeskaamd luistervriendelik, liries en met diepe uitdrukkingsgehalte.”

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskiibaar by Computicket en by die deur. Vir meer inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!