Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks se jaarlikse fondsinsamelingskonsert, Klassieke Collage vind plaas op Saterdag 18 Augustus om 20h00 in die Endlersaal.

Vanjaar se konsert het as kunstenaars die Universiteit se simfonieorkes, met die binnekort uittredende fluit- en dirigeringdosent Corvin Matei, as solis in Mozart se Andante vir Fluit en orkes, K 315, en die bekende klavierduo Nina Schumann en Luis Magalhaes – bekend as TwoPianists – wat Mendelssohn se Konsert vir twee klaviere en orkes sal uitvoer.

Na pouse kom studente van die sangafdeling aan die beurt met bekende opera-arias en – kooritems. Hieronder tel die gebedstoneel  Regina Caeli, uit Mascagni se Cavalleria Rusticana, en Mozart-arias soos Soave sia il vento (uit Così fan tutte) en die duet tussen Papageno en Papagena, uit Die Zauberflöte, asook werke van Strauss, Lehar, Puccini, Bizet en Verdi.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse en studente) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Alle bydraes word gaan na die ondersteuning van die Endler Konsertreeks.

Vir meer inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!