Loading Events
  • This event has passed.

Die klavierafdelings van die Universiteit se Musiekdepartement en dié van die Kaapstadse Musiekkollege snoer weer eens kragte saam vir die jaarlikse uitruilkonsert op Dinsdag 3 September om 7.30 nm in die Baxter Konsertsaal, Kaapstad, en Woensdag 4 September om 8 nm in die Endlersaal, Stellenbosch.

Vanjaar se program sal grootliks uit klaviertranskripsies van vokale musiek bestaan, waar onder Schubert-Liszt se Ständchen, Gretchen am Spinnrade en Meeresstille, Rossini-Liszt se Soirées musicales de Rossini, La regata veneziana no. 2, Mendelssohn-Liszt se Op vleuels van die lied, en Fauré-Earl Wild se Après un Rêve, om net ‘n paar te noem.

Kaartjies vir die Baxter-konsert is tans beskikbaar by Webtickets, en vir die Endlersaal by Computicket, en by die deur. UK- en US-studente het gratis toegang.

Vir meer inligting skakel met Gillian Linder by die Musiekkollege by gillian.linder@uct.ac.za of 021-650 2640, of by Fiona Grayer (Stellenbosch) by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!