Loading Events
  • This event has passed.

Die plaaslike sopraan Lauren Dasappa, en pianis José Dias is die kunstenaars in ‘n program in die Fismersaal van die Universiteit van Stellenbosch. Die program strek oor ‘n wye terrein, en sluit in werk van Verdi, Brahms, Debussy en Bolcom.

Dasappa is ‘n bedrewe operakunstenaar en oratoriumsolis. Hierbenewens is sy nou betrokke by die bewusmaking van musiek uit Afrika. José Dias het BMus Honours cum laude aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, en gespesialiseer soloklaviervoordrag. Hy is tans ook ‘n ingeskrewe kandidaat vir die PhD (Musiek) in solovoordrag, aan die Universiteit  van Kaapstad. Die uitvoering vind plaas om 16h30 op Sondag 26 Augustus in die Fismersaal, Stellenbosch.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse en studente) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!