Loading Events
  • This event has passed.

Mario Nell en Winand Grundling bied ‘n middagprogram van Franse orrelmusiek van die 19de en 20ste eeue, op die indrukwekkende Marcussen-orrel in die Endlersaal. Dié konsert vorm deel van die Endler Konsertreeks, en vind plaas op Sondag, 3 November om 4:30 nm.

Die Franse werke op die program sluit in die bekoorlike Suite Gothique van Boëllmann en ‘n seleksie van Guilmant se sjarmante bewerkings van Kersfeesliedere. Bravura stukke soos Bonnet se Konsertvariasies en Duruflé se Suite sal ook gehoor word – werke wat die volle moontlikhede van die Marcussen-orrel sal illustreer. ‘n Opwindende slotstuk is Langlais se Dubbelfantasie vir twee orreliste, met heelwat te verrig deur vier vaardige hande en vier bedrywige voete.

Mario Nell is tans hoof van die Musiekdepartement aan die Universiteit van Stellenbosch. Gedurende sy loopbaan as uitvoerende kunstenaar het hy talle besoeke aan Europa geneem, asook Hong Kong en Suid-Korea. Ook Winand Grundling is ‘n begaafde alumnus van die department. As voordraer het hy reeds ‘n indrukwekkende loopbaan, en is die ontvanger van etlike pryse en toekennings vir uitvoerings by kompetisies en kunstefeeste in Suid-Afrika.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!