Loading Events
  • This event has passed.

As deel van vieringe rondom Vrouemaand bied die Endler Konsertreeks met trots die Fiësta-wenner, die Stellenbosch Universiteit se Jazzorkes aan, onder die leiding van Felicia Lesch, op Vrydag 16 Augustus om 8 nm. in the Endlersaal.

Hierdie ensemble vier vanjaar hulle 10de jaar, en het gedurende die tydperk aansien verwerf vir hulle glinsterende en energieke uitvoerings. Tydens hierdie konsert sal die Suid-Afrikaanse jazz-sanger Anneli Kamfer, tesame met haar landgenoot Tutu Puoane. Puoane is die wenner van die Ou Mutual Jazz Encounters-toekenning in 2000, wenner van Standard Bank se Jong Kunstenaar (Jazz) in 2004, en is ook ‘n SAMA-wenner.  Anneli is ‘n voormalige student van die Konservatoriium se Sertifikaatprogram, ‘n vorige sanger van die Jazz-ensemble, asook ‘n lid van die Manouche-orkes. Sy is tans besig met ‘n loopbaan as solosanger.

Die Jazz Band is een van die ensembles wat voortgespruit het uit die Sertifikaatprogram, wat in sigself in die lewe geroep is om lede van die breër gemeenskap toe te rus met lees- en speelvaardighede op ‘n vlak wat hulle toelating sou gee tot BMus- of Diploma-programme op tersiêre vlak.

Die konsert sluit gunstelinge in soos Letta Mbulu se Macongo, die altyd gewilde swing-melodie It don’t mean a thing if it ain’t got that swing, en ondersteuners sal Tutu se eie komposisie Mpho kan hoor– iets waarna die ensemble uitsien om te doen. Anneli op haar beurt sal haar soul-liedjie Strong enough en ander melodieë voordra.

Die program bevat ook etlike standaard-voorbeelde van Suid-Afrikaanse Jazz, en komposisies en verwerkings van Sibongile Khumalo, Mike Campbell en Darryl Andrews.

Die SU Jazz-ensemble sal ook in die Endlersaal optree op Sondag 18 Augustus om 4:30 nm. Alle verdienstes uit die konsert is ten gunste van die Stellenbosch Werksentrum vir volwasse gestremdes.

Kaartjies teen R80 (gewoon) en R50 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, aook by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!