Loading Events
  • This event has passed.

Die Universiteit van Stellenbosch se Kamerkoor, onder die leiding van Martin Berger, saam met die Keulense Katedraal se Meisieskoor, bied ‘n verskeidenheidsprogram van koormusiek uit die koortradisies van Duitsland en Suid-Afrika aan.

Die US Kamerkoor is in 2014 gestig, as integrale deel van die Universiteit se Musiekdepartement. Afgesien van hulle gereelde uitvoerings tydens die jaarlikse Woordfees en die Endler Konsertreeks, is die koor ook uitgenooi om koorfeeste in Hong Kong (2017), Hongarye (2018) en Duitsland (2018) by te woon. Koorlede is musiekstudente en ervare individue wat deel wil wees van ongeëwenaarde plaaslike en internasionale koorervarings.

Die Keulense Katedraalkoor staan onder leiding van Oliver Sperling, en word gereken as een van die mees uitstaande aan Duitse katedrale. Hulle besoek aan Suid-Afrika is die eerste sedert die koor se stigting in 1989.  Die hoogtepunt van hulle Suid-Afrikaanse toer is hulle uitvoering in die Endlersaal.

Die innoverende program sluit nuwe Suid-Afrikaanse komposisies in, asook tradisionele Afrika-musiek, en ‘n verskeidenheid uit die internasionale repertorium.

Die uitvoering vind plaas in die Endlersaal op Vrydag 23 Augustus om 8 nm.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, aook by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

 

Share This Story, Choose Your Platform!