Loading Events
  • This event has passed.

As deel van die Endler Konsertreeks in Stellenbosch bied Prof. Barbara Hill Moore ‘n program getiteld  Wading Home, op Sondag 3 Junie om 3 nm. Wading Home is ‘n miniatuur-opera oor ‘n New Orleans-familie se fisiese en geestelike stryd om hereniging na die verwoesting van die orkaan Katrina. Dit is gebaseer op ‘n roman van die skrywer Rosalyn Story. Die roman Wading Home, a Novel of New Orleans, het in September 2010 verskyn, as resultaat van haar persoonlike ervaring as ‘n musikus, en haar vrywillige werk by Habitat for Humanity in New Orleans.

Prof Moore is ‘n professor: Musiek en Sang aan die Southern Methodist Universiteit, en vertel soos volg oor die opera, “Hierdie opera het ongeveer drie jaar gelede sy eerste opvoerings in New Orleans en Dallas gehad, en as herinnering aan die oorlewendes van die orkaan wye aanklank gevind.  Gedagtig aan die tragiese waterkwessie in Suid-Afrika, het ek besluit dat die die ideale tyd is vir die Wading Home-tema en die hantering van die natuurgeweld by wyse van ‘n gemeenskapsbetrokkenheid, volharding en geloof. Daar is gemeenskaplike fasette tussen ons stryd met te veel water en julle s’n met te min daarvan.”

Die produksie sal die begin wees van ‘n voortgesette samewerking tussen die sangstudente van die Universiteit van Stellenbosch en die Southern Methodist Universiteit in Dallas. Die hoofrolle sluit kunstenaars met internasionale ervaring in, soos  die bariton Donnie Ray Albert, sopraan Bronwen Forbay, bariton Nathan Myers, mezzo-soprane Moretta Irchirl en Arielle Collier, en bariton Paul André Doucet.

Om jou gratis sitplek te bespreek, BESPREEK NOU!

Share This Story, Choose Your Platform!