Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks bring jou die Libertas-koor, onder die leiding van Johan de Villiers, om 4:30 nm op Sondag 10 November in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die koor se program bestaan uit ‘n verskeidenhied van werke – beide sekulêr en gewyd. Uit die kunsmusiek-gebied is daar eietydse koormusiek van Ola Gjeilo en Ēriks Ešenvalds. Soos gewoonlik word daar ook sterk klem gelê op inheemse musiek, gebaseer op liedere wat bekendheid verwerf het danksy die werk van musikante soos Johnny Clegg, Miriam Makeba en Coenie de Villiers. Daarbenewens kan die gehoor uitsien na nuwe verwerkings van populêre van gewilde internasionale sangers soos Sting, Calum Scott en Billy Joel. Die program sluit af met ‘n aantal geliefde Kersfees-liedere.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!