Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks bied graag die Libertakoor aan, onder leiding van Johan de Villiers, om 4:30 nm op Sondag 4 November in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die koor se eklektiese program bestaan uit gewilde a cappella koormusiek uit die klassieke repertorium, insluitende werke van Whitacre, Jenkins en Ešenvald, sowel as etlike nuwe verwerkings van ligte liedjies soos dié van Billy Joel, John Farnham, Miriam Makeba, Laurika Rauch en Jannie du Toit. Die program maak ook voorsiening vir outentieke uitvoerings van musiek uit inheemse tradisies met ‘n sterk kleur van Afrika, met instrumentale ondersteuning deur die Ramon Alexander Trio.

Die gehoor sal Gabriella’s Sång uit die Sweedse film Så som i himmelen – plaaslik bekend in die Engelse vertaling As it is in heaven – en Melissa van der Spuy se Glory medley – ‘n keurspel met Vivaldi se Gloria-toonsetting as basis, John Legend se Glory – uit die film Selma – met kletsrymgedeeltes wat aanpas by ons eie omstandighede, en die meevoerende Glory Hallelujah uit William Steffe se Battle Hymn of the Republic.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!