Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks verwelkom graag die bekende Tim Kliphuis-trio uit Nederland terug. Hulle is bekend vir hul optredes tydens die Woordfees van beide 2017 en 2018. Vir eersgenoemde geleentheid was die Trio die wenner van die trofee vir die Beste Klassieke Musiekproduksie.

Kliphuis, opgelei as klassieke violis, die ghitaarspeler Nigel Clark van Dublin, en die basspeler, Roy Percy van Edinburgh, het reeds wêreldwyd bewonderaars vir hulle eie unieke styl van jazz, sigeuner-en crossover-musiekstyle.

Kliphuis se klassieke styloorspronge word gereflekteer in sy keuse van repertorium uit die klassieke musiekwêreld, terwyl die ensemble se voorliefde vir die meester van die Franse sigeuner-jazz, Stéphane Grappelli, voorsiening maak vir die nodige vryheid en uitgelatenheid in hulle improvisasies. Nigel Clark se Keltiese agtergrond en eietydse ghitaartegnieke dra hiertoe by, en Roy Percy se benadering sluit aan by die ritmeverskeidenheid van die New Orleans-jazz.

Die Trio het in 2017 ‘n vennootskap met die bekende US Camerata van die Universiteit gesluit, met hulle opname van Reflecting the Seasons – die Kliphuis-Trio se eerste CD-opname. Gedurende die volgende jaar is die opname deur SONY vrygestel, en die sukses daarvan het gelei tot ‘n tweede CD-opname met die US Camerata saam met die Kaapstadse Filharmonie, onder die titel Concertos. Hierdie opname bevat Kliphuis se Jazz-vioolkonsert, asook ‘n verwerking van die Brandenburg-concertos van Sebastian Bach.

Die uitvoering wat deel vorm van die vrystelling van die tweede CD-opname, vind plaas op Saterdag, 28 September om 4:30 nm. in die Fismersaal, Stellenbosch.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting kontak Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!