Loading Events
  • This event has passed.

Die Rynland-Palatinaat-Jeugorkes is is gestig in 1973, en is tans een van die bekendste jeugorkeste in Duitsland. Afgesien van gereelde uitvoerings in die Rynland onderneem die orkes ook gereelde buitelandse toere,soos dié na Israel, Griekeland, Spanje, Mexiko, die VSA en China. Die orkes sien hulleself nie slegs as ambassadeurs van die Rynland nie, maar vorm ook deel van buitemuurse musiekprogramme in Duitsland.

Die voorsitter van die Rynse Landesmusikrat, Peter Stieber, en Prof. Dr. Ivo Meinhold-Heerlein, die voorsitter van die Jeugorkes-  wat ook gereeld in Suid-Afrika as ereprofessor aan die Universiteit van Kaapstad werksaam is, is gesamentlik daarvoor verantwoordelik om die Jeugorkes weer na Suid-Afrika te bring, 20 jaar na hulle eerste toer. Uitvoerings word voorsien in sowel Suid-Afrika en Botswana, met konserte in Johannesburg, Pretoria, Gaborone, Kaapstad en Stellenbosch.

Die eerte deel van die konsert verteenwoordig die verbinding Europa-Suid-Afrika. “Ingoma” is ‘n werk van Hendrik Hofmeyr uit 1998.  Dit inkorporeer ook ander Xhosa-liedere soos Thula,babana en Uqongqothwane. Daarna kom die Suid-Afrikaanse pianis Megan-Geoffrey Prins aan die beurt, met Rachmaninof se tweede klavierkonsert – saam met die Rynse Jeugorkes (wat ook plaaslike spelers insluit). Die tweede deel van die program word gewy aan ‘n uitvoering van Beethoven se derde simfonie (Eroica), met die Suid-Afrikaanse dirigent Albert Horne aan die stuur.  Horne is tans verbonde aan die staatsteater in Wiesbaden.

Konsertdatums sluit in:

  •  2 Okt 2018, Johannesburg, Linder Auditorium
  •  3 Okt 2018, 19:00, Pretoria, Brooklyn-teter
  • 6 Okt 2018, 20:00, Gaborone, Maitisong Teater
  • 11 Okt 2018, 20:00, Kaapstad, Stadsaal
  • Fri, 12 Okt 2018, 20:00, Stellenbosch, Endlersaal

Kaartjies teen R160 (gewoon), R120 (pensioenarisse) en R90 (studente) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!