Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks, saam met die KOMPOS-studente en die Universiteit se Department van Afrikatale lewer die eerste uitvoering van ‘n unieke kunsliedversameling, soos beplan en uitgevoer deur studente van die Musiekdepartement se komposisie- en sangafdelings.

Soos die naam KOMPOS suggereer, is hierdie departementele organisasie daarop ingestel om ‘n stimulerende omgewing daar te stel vir komposisiestudente van die Musiekdepartement. Die projek, wat in 2010 deur studente Antoni Schonken, Arthur Feder en Tricia Theunissen onder die leiding van Prof Hans Roosenschoon in die lewe geroep is, streef daarna om geleenthede vir komponiste, dirigente en uitvoerders te skep.

Die uiteenlopende programinhoud van hierdie konsert is geïnspireer deur eietydse Suid-Afrikaanse tekste in verskilende tale, om daardeur die plaaslike kultuurproduksie bekend te stel. Die KOMPOS-organiseerders hoop om hierdeur ‘n blywende en vrugbare samewerking tussen hierdie departemente te vestig, en sodoende geleenthede te skep waarby die skep en uitvoering van nuwe musiek wat in ‘n geheel Suid-Afrikaanse etos gewortel is, kan plaasvind.

Die eerste helfte van die program sal deur die eintlike uitvoering in beslag geneem word, gevolg deur ‘n kort bespreking rondom die komposisies waarna die program herhaal sal word, waardeur die gehoor die geleentheid sal hê om insae te kry in die skeppingsproses van jong digters, komponiste en uitvoerders.

Die konsert vind plaas op Saterdag 20 Oktober om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket en ook by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!