Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks, in samewerking met KOMPOS, het ‘n interessante en en vernuwende program van nuwe komposisies van Stellenbosch se jong komponiste. In ooreenstemming met die naam van die organisasie, streef die KOMPOS-projek na die skep van ‘n stimulerende omgewing vir komposisiestudente aan die Musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch. Die projek is in 2010 deur Antoni Schonken, Arthur Feder en Tricia Theunissen in die lewe geroep, onder die leiding en ondersteuning van Prof Hans Roosenschoon, en het ten doel om ‘n verhoog vir opkomende  komponiste, dirigente en uitvoerders te vestig en uit te bou.

Onder die leiding van komponiste Feder en Schonken, sal by dié geleentheid debuutwerke vir ‘n verskeidenheid vokale soliste, asook vir blokfluit, fluit, altviool, klarinet, trompet, saxofoon, slagwerk, fagot en kontrabas, en elektroniese middele bekendstel.

Wees op die uitkyk vir hierdie uitsonderlike geleentheid! Die konsert vind plaas op Vrydag 25 Oktober om 8nm in die Fismersaal, Stellenbosch.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!