Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks bied die Canticum Novum-koor, orkes en soliste onder die leiding van Louis van der Watt, in ‘n viering van die koor se 21ste jaar van gewye musiek vir koor en orkes in die Endlersaal, Stellenbosch. Op die program verskyn twee komlementêre koorwerke: die Gloria van Vivaldi en die Suid-Afrikaanse komponis Péter Louis van Dijk se San Gloria. Die slotwerk is Händel se toonsetting van Psalm 100.

The San Gloria is gebaseer op temas uit die San-kultuur, en vernuwend van aard in die sin dat ‘n seleksie uit die antieke Latynse Mis (Gloria in excelsis Deo) verenig word met die klanke uit die Khoi-San (voorheen Boesman-) kultuur. Die komponis omskryf die werk as een “… waarin daarna gestreef word om twee heel verskillende en onverwante kulture te verenig – beide egter oud, simbolies en relevant in eie reg”.

Vivaldi se toonsetting van die Gloria-teks – is waarskynlik – soos die geval was met die meeste van sy werke – gekomponeer vir die weesmeisies van die Ospedale della Pietà, waar hy onderwys gegee het. Die vriendelike en sonnige aard van die blymoedige werk, word – soos die meeste van sy musiek – gekenmerk deur aantreklike melodieë, wat die blywende gewildheid van die werk verseker het. Danksy die komponis Alfredo Casella is die werk in 1939 teruggebring uit vergetelheid, en het sedertdien een van Vivaldi se bekendste komposisies geword.

Handel se Utrecht Jubilate (Psalm 100, HWV 279) is waarskynlik nog nooit in Suid-Afrika uitgevoer nie. Hierdie feestelike werk is ‘n toonsetting van die King James-weergawe van die 100ste Psalm, “O be joyful in the Lord”, en beloof om ‘n inspirerende afsluiting van dié feestelike konsert te wees.

Die uitvoerings vind plaas op Saterdag 19 Oktober om 8nm. en Sondag 20 Oktober om 4:30nm in die Endlersaal, Stellenbosch.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!