Loading Events
  • This event has passed.

Die Prestigereeks van die Endler Konsertreeks stel graag die Suid-Afrikaanse pianis Megan-Geoffrey Prins se program bekend vir Saterdag 6 April, om 8 nm.in die Endlersaal, Stellenbosch.

Prins het reeds ‘n indrukwekkende reputasie as pianis verwerf. Sy merkwaardige tegniese vaardigheid en oorvloedige musikaliteit het gelei tot sy benoeming as Standard Bank se Jong Kunstenaar-toekenning vir klassieke musiek vir 2019. Prins het reeds etlike ander plaaslike en internasionale toekennings ontvang, insluitende eerste pryse tydens UNISA se 120-jaar Herdenkingskompetisie, die vyfde UNISA Nasionale Klavierkompetisie en die 2017 SAMRO-kompetisie vir buitelandse studie. Prins het sy doktorale studie by die Cleveland Musiekinstituut voltooi.

Sy program sluit in Ferrucio Busoni se klavierbewerking van Sebastian Bach se Chaconne uit die Vioolpartita: Busoni was self ‘n uitnemende pianis, met ‘n kenmerkende grootse klavierstyl wat duidelik merkbaar is in sy gewigtige klaviertranskripsies van werke van Bach en Mozart. Rachmaninof se Variasies op ‘n tema van Corelli verskyn ook op die program, asook ‘n meer eietydse komposisie van Carl Vine, die eerste klaviersonate wat in 1991 geskryf is vir die Sydney Dance Company. Prins se meesterskap word verder ten toon gestel in sy weergawe van ‘n seleksie van Debussy se Préludes, werke wat die hartslag van die Franse “impressionisme” vorm, asook Liszt se ikoniese eerste Mephisto– wals.

Kaartjies is beskikbaar teen R160 (gewoon) en R120 (studente en pensioenarisse) by Computicket, en by die deur.

Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

 

Program:

Johann Sebastian Bach (arr. Ferrucio Busoni): Chaconne in D Minor from Violin Partita No. 2 BWV 1004

Sergei Rachmaninov: Variations on  theme of Corelli Op. 42

Carl Vine: Piano Sonata No. 1  (1990)

Claude Debussy: Préludes from Book I

No. 2 Voiles

No. 5 Les collines d`Anacapri

No. 6 Des pas sur la neige

No. 8 Le fille aux cheveux de lin

No. 12 Minstrels

Franz Liszt: Mephisto Waltz No. 1

Share This Story, Choose Your Platform!