USSO & Raffaele Trevisani (fluit)
3 March 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R130Die resident-dirigent van die Stellenbosch Simfonieorkes (USSO), Corvin Matei lei die orkes in ‘n program saam met die fluitis Raffaele Trevisani. Trevisani was ‘n student van Sir James Galway wat hom beskryf as “…een van die beste moderne fluitsoliste, vanweë sy voortreflike sangerige klank, volmaakte tegniek en toewyding aan die musikale kuns .”. Hierdie konsert wat u sal onthou vind plaas op Vrydag 3 Maart om 20h00 in die Endlersaal.
Die program begin met Khachaturjan se Concerto vir viool en orkes, as ‘n transkripsie vir fluit en orkes. Die uitdagende tegniese vereistes van die werk dra by tot die concerto se posisie as een van die beangrikstes in die genre.
Na pouse voer die USSO Tsjaikofski se tweede simfonie uit. As gevolg van die gebruik van Russiese volksmelodieë staan die werk bekend as die “klein Russiese” simfonie. Die eksperiment van volksmelodieë in die vorm van ‘n vierdelige orkeswerk was ‘n groot sukses. Bykands die hele werk word oorheers deur ‘n kommerlose vreugde, wat onderstreep word deur Tsjaikofski se gawe vir aantreklike melodieë.