This event has passed.
African Explorations
11 March 2018 @ 11:00 am - 12:00 pm
| R110 – R130In 2011 het Liesl Stoltz begin met ’n post-doktorale projek om Suid-Afrikaanse kunsmusiekkomponiste en veral hul
fluitkomposisies te bevorder. Dit het gelei tot talle uitvoerings en slypskole met werke deur Stefans Grové, Hendrik Hofmeyr,
Alexander Johnson, Peter Klatzow, Paul Hanmer, Paul Loeb van Zuilenberg, Roelof Temmingh en Braam du Toit, veral by die
Internasionale Fluitfees in Parys in 2017. Nou sit sy dié verkenning voort met komposisies deur jonger komponiste soos Robert
Fokkens, Jan-Hendrik Harley, Adrian More en Conrad Asman.