Loading Events

Wees deel van ‘n regstreekse CD-opname wanneer die Amici Strykkwartet en kitaarspeler Morgan Szymanski musiek uit Mexico speel.

Szymanski, wat internasionaal gereken word as een van die voorste klassieke kitaarspelers van sy generasie, is gebore in Mexico-stad in 1979. Hy het begin kitaar speel toe hy maar ses jaar oud was en studeer later by Nasionale Musiekskool (Mexico), die Edinburgh Musiekskool en die Royal College of Music in Londen.

Die musikante het in 2015 ook saam opgetree, eers by die Harare Internasionale Kunstefees en daarna by die daardie jaar se Endler Konsertreeks.

Van die komponiste wie se werk gehoor sal word is Manuel de Falla, Astor Piazzolla, Luigi Boccherini en Carlos Gardel.

Peter Martens, tjellis van die Amici Strykkwartet, beskryf Szymanski se spel as as “meesleurend”. Die ander lede van die Strykkwartet sluit in Suzanne Martens (eerste viool), David Bester (tweede viool) en Karin Gaertner (altviool).

 

Share This Story, Choose Your Platform!