Andrey Baranov (viool) & Maria Baranova (klavier)
24 March 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Andrey Baranov (viool) en sy suster Maria Baranova (klavier) is konsertgaste van die Endler Konsertreeks, op Vrydag 24 Maart om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.
Baranov is die wenner van die Koningin Elisabeth Vioolkompetisie van 2012, en van die Benjamin Britten en Henri Marteau Internasionale Kompetisies. Sedrt sy debuut in 2005 met die St. Petersburg Filharmonie het hy wêreldwyd opgetree, en met die voorste orkeste en soliste soos Martha Argerich, Julian Rachlin, Boris Andrianov, Pierre Amoyal, Eliso Virsaladze en Liana Isakadze opgetree.
Na haar verowering van die eerste prys in die Mazur ensemblekompetisie het Maria Baranova haar konsertloopbaan voortgesit in Rusland, Duitsland, Engeland, Frankryk, Monaco en Switserland. Sy is aangewys as ‘n lid van die “Beste Duet” deur die Akademie van Lausanne, “Beste begeleier” en bekroon by die Maria Yudina Internasionale Kompetisie in St. Petersburg. Sy was ook ‘n pryswenner in die Internasionale Duokompetisie saam met haar broer Andrey.
Vir hulle konsert in die Endlersaal sal hulle Tartini se sogenaamde Duiwelstriler-sonate, Paganini se La Campanella, Ravel se Tzigane, asook werke van Ÿsaye, Tsjaikofski en Chausson uitvoer.