Loading Events

Die Endler Konsertreeks stel graag voor jong kunstenaars Sally Minter (fluit) en Coila-Leah Enderstein (klavier) in ‘n program op  Vrydag 20 April om 20h00 in die Endlersaal.

Avanti is ‘n jong Kaapstadse fluit-en-klavier-duo. Sally Minter en Coila-Leah Enderstein het reeds sedert 2014 ervaring opgedoen as ‘n gesofistikeerde ensemble.

In hierdie konsert voer die duo werke uit wat die essensie van vefynde kamermusiek illustreer, en dieunieke samespraak tussen fluit en klavier belig. Die program sluit ook ‘n SAMRO-opdragwerk in deur die jong Suid-Afrikaanse koponis Amy Luyendijk, asook Hendrik Hofmeyr se fluitsonate, en ander toonaangewende werke van onder meer Sebastian Bach, Martinu en Fauré.

Kaartjies: R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) beskikbaar by Computicket en by die deur.  Vir verdere inligting, skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of tel.  021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!