Loading Events

As deel van die Endler Konsertreeks is die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blasersensemble (USSB) weer aan die beurt met hulle jaarlikse Band Extravaganza, op Vrydag 4 Mei, om 20h00. Dié geleentheid, wat aangebied word in samewerking met gemeenskapsvennote is gewy aan ‘n aandprogram met verskillende ensemble-kombinasies.

Die gewilde Weskaapse mars-idioom, gekoppel aan die Suid-Afrikaanse tradisie van “veldorkeste” kan miskien gesien word as die ideale medium vir die betrokkenheid van ‘n verskeidenheid amateur- en professionele musici ter wille van ‘n volkome inklusiewe musikale ervaring.

Orkeste wat optree sluit in die Wynberg Seuns- en Meisieskole se Hoërskool Konsertorkes en SACS Hoërskoolorkes van Kaapstad, onder die leiding van oud-Matie Peter Catzavelos en Levi Alexander wat tans besig is met MMus-studies by die US Musiekdepartment. Orkeste van die Noordelike Voorstede sluit in Durbanville en Bellville Hoërskole se Simfoniese Blasers. Dié ensembles staan respektiewelik onder die leiding van oud-Maties Suretha Theron en Riaan van Wyk. Die Musica Perpetua Blaasorkes van die gekombineerde Paul Roos Gimnasium en Bloemhof Hoërskool, Stellenbosch, onder leiding van Renaldo Wales neem ook deel an hierdie opwindende musiekgeleentheid.

Die skole se repertorium sluit in Victoria Peak, The Magnificent Seven, La La Land, The Best of James Bond en El Camino Real.  USSBE se bydrae sluit in populêre items soos The Force Awakens (uit Star Wars!) en Selections from Grease, onder die leiding van Pamela Kierman, en Variations on an African Hymn Song, onder leiding van hulle studentedirigent, Kim Heynes.

Kaartjies kos R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse), en is tans beskikbaar by Computicket en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!