Loading Events

Die Universieit se Simfoniese Blaasensemble bied weer eens hulle Band Extravaganza as deel van die Endler Konsertreeks. Die jaarlikse Extravaganza, in samewerking met gemeenskapsvennote, bied ‘n namiddag van ‘n verskeidenheid musiek deur ensembles van blaas- en perkussie-instrumente. Die parade- en gemeenskapsensembles – algemeen bekend in die Wes-Kaap – en die Suid-Afrikaanse erfenis van veldorkeste was verantwoordelik vir die ontwikkeleing van ‘n diverse spektrum van amateur- en professionele musikante in ‘n omvattende musikale ervaring. Deelnemende orkeste sluit in die Paarl Boys, Wynberg Boys and Girls, en die US Blaasensemble. Die Handevat-projek – gebaseer in Kleinmond – sal die gordyn reeds in die Endler-foyer lig voor aanvang van die konsert.

Kaartjies teen R120 (gewoon) en R80 (pensioenrisse, studente  en skoliere) is tans beskikbaar by Webtickets en by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!