Loading Events

Die jaarlikse Band Extravaganza vind Saterdag 12 April om 16:00 in die Endlersaal plaas. Die US Simfoniese Blaasensemble sal die verhoog met verskeie skoolorkeste deel. Deelnemende orkeste uit die suidelike voorstede is die South African College High School Concert Band en die Wynberg Boys’ and Girls’ High School Concert Band onder leiding van onderskeidelik Levi Alexander en Peter Catzavelos.

Saam met hulle uit die Noordelike Voorstede is die Hoërskool DF Malan Orkes, onder leiding van Faan Malan, Hoërskool Bellville Simfoniese Blaasorkes onder leiding van Riaan van Wyk en Hoërskool Durbanville Blaasorkes onder leiding van Suretha Theron, en van die Paarl, die Konsertorkes van Hoër Jongenskool Paarl, Suonare, onder leiding van Reghardt Kühn. Gasdirigent Christan Köhler sal die US Simfoniese Blaasensemble (USSWE) en Konsertorkes dirigeer.

Die Wes-Kaap Fluitkoor is trots om sy amptelike bekendstelling as deel van die Band Extravaganza aan te kondig en sal ‘n kenmerk in USSWE se uitvoering wees. Gewortel in sosiale impak, sal hierdie samewerkende gemeenskapsensemble deur die Blaasafdeling van die Departement Musiek aangebied en bestuur word.

Share This Story, Choose Your Platform!