Baroqueswing Vol.2
11 March 2017 @ 11:00 am - 1:00 pm
| R100 – R130In opvolging van hulle sukses tydens die Woordfees van 2015, keer die Charl du Plessis Trio vanjaar terug na die Endlersaal met Baroqueswing vol. 2. Die groep bestaan uit Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme)
As een van die unieke Suid-Afrikaanse ensembles het die Trio bygedra tot die gewildheid van die sogenaamde crossover-idioom. Du Plessis se benadering is om Barokkontrapunt as uitgangspunt te neem, en dan verder te neem as improvisasies op die oorspronklike akkoordstrukture.
Die groep het reeds verskeie toekennings ontvang, waar onder ‘n SAMA- en ‘n Ghoematoekenning vir die beste instrumentale album. Die trio tree gereeld op in Europa en Asië, asook by die groter plaaslike musiekfeeste. Na afloop van hulle Europese toer sal die Endler-konsert ook saamval met die bekendstelling van hulle Baroqueswing vol. 2: hulle eerste Europese ooreenkoms met die Switserse Claves-etiket.