Loading Events

Die Endler Konsertreeks is die gasheer vir die Beethoven Strykkwartetprojek op Vrydag 19 Mei om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Vir dié projek, stel die kwartet, met David Juritz (eerste viool), Suzanne Martens (tweede viool), Karin Gaertner (altviool) en Peter Martens (tjello) hull ten doel om al Beethoven se strykkwartette uit te voer. Die primêre dryfveer hiervoor was die goeie ontvangs van die kwartet se uitvoering van Beethoven se eerste Razumovsky-kwartet in 2013. Die eerste resultaat van die projek was die konsert wat in Mei 2015 in die Endlersaal plaasgevind het.

David Juritz werk in Londen, en word beskou as een van die mees veelsydige violiste tans in Engeland. Sy loopbaan word verdeel tussen solo-optredes, afrigting, kamermusiek, en leier van sy eie ensemble, die Londense Tango Quintet.

Afgesien van hulle betrokkenheid by die Beethoven strykkwartet-projek is Karin, Suzanne en Peter ook lede van die Amici Strykkwartet, en is bekendes by plaaslike gehore.

Geen werkgroep van Beethoven is beter voorbeelde van wat as ‘vroeë’, ‘middel-’ en ‘laat-styl’ beskou kan word as juis die strykkwartette nie, en hierdie konsert sluit voorbeelde van verteenwoordigende werke in: die strykkwartte op. 18, no. 1, op. 135 (die komponis se laaste voltooide komposisie) , en op. 59, no 3.

Share This Story, Choose Your Platform!