Brandenburg Stryktrio
23 April 2017 @ 4:30 pm - 6:30 pm
| R100 – R140Die Brandenburg Stryktrio tree op Sondag 23 April om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch op as deel van die Endler Konsertreeks.
Die Trio is in 2014 gestig, en bestaan uit die Suid-Afrikaanse violis Avigail Bushakevitz, die Duitse altviolis Ernst-Martin Schmidt en die Spaanse tjellis Andrea Casarrubios.
Avigail Bushakevitz is ‘n bekende in Suid-Afrika, en het met die meeste binnelandse orkeste opgetree, en en etlike nasionale en internasionale pryse verower, insluitende eerste pryse by die UNISA Nasionale Strykerskompetisie en die UNO-Kompetisie (Jerusalem). In 2016 is Avigail aangewys as die Suid-Afrikaanse Standard Bank Jong Kunstenaar van die jaar.
Die altviolis Ernst-Martin Schmidt is ‘n gebore Oos-Berlyner en het sy instrument aan die C.P.E. Bach musiekskool bestudeer. Sy Baccalaureus- en meestersgrade het hy aan die Musikhochschule Hanns Eisler in Berlyn verwerf. Gedurende die laaste twee studiejare was hy deel van die Berlynse Filharmonie, en in 2005 lid geword van die altvioolseksie van die Berlynse Konzerthaus-orkes.
Tjellis Andrea was ‘n student aan die Peabody Instituut van Baltimore, en die Universiteit van Suid-Kalifornië. Na voltooiing van haar studies het sy ondervinding opgedoen by die Ensemble ACJW aan die Carnegie Hall in New York. Sy het verskeie toekennings ontvang, en is ‘n eerstepryswenner van die Amerikaanse Fine Arts Festival Internasionale Concerto-kompetisie in 2012en die SOR Solostrykerskompetisi in 2009.
Die program sluit werke in van Purcell, Schubert, Françaix, Klein en Mozart.