This event has passed.

Bridges of Sound: China meets South Africa
3 October 2025 @ 7:00 pm - 9:00 pm
| from R70Die Chinese klarinetspeler Junnan Sun keer terug na sy aangenome vaderland, Suid-Afrika, vir ‘n konsertoer saam met pianis José Dias. Gedurende sy vormingsjare in SA het Junnan eerste pryse in verskeie musiekkompetisies gewen, soos die UNISA-oorsese beurskompetisies en die ATKV Muziq-kompetisie, en het hy dieselfde gedoen by gesogte internasionale kompetisies soos die Stockholm Internasionale Musiekkompetisie en die Royal College of Music Klarinetprys. Hy was die hoofklarinetspeler van die KZN Filharmoniese Orkes sowel as die mede-hoofklarinetspeler by die Sjanghai Simfonieorkes.
R70-R170