Loading Events

Die Endler Konsertreeks stel graag die pianis Bryan Wallick voor – op Vrydag 24 Junie om 7nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Die konsert, onder die titel  “Virtuosic Fugue Vol. 2” bestaan uit ‘n oorsig van werke wat ‘n fuga bevat. Die eerste  helfte word gewy aan fugale musiek vanaf Sebastian Bach tot Marc-André Hamelin, en die tweede helfte deur Beethoven se massiewe klaviersonate in B mol-majeur, op. 106 (Hammerklavier) – waarvan  die slot bestaan uit een van die mees besproke fugas van die musiekgeskiedenis.

Bryan Wallick is reeds een van die bekendste Amerikaanse klaviervirtuose van sy tyd. As ontvanger van diie goue medalje tydens die Vladimir Horowitz Internasionale Klavierkompetisie in Kief (1997), het hy reeds konserttoere in Amerika, Europa, en Suid-Afrika onderneem. Wallick se New York-debuut was in 1998 in die Weill konsertsaal, en 2003 in die Londense Wigmore-konsertsaal. Hy het ook opgetree in die Londense Koningin Elizabeth-saal, saam met die London Sinfonietta,  en in St. Martin-in-the-Fields, saam met die Londense Soliste-Kamerorkes.

Hou asseblief in gedagte dat alle lewendige aanbiedings onderworpe is aan die  50%  kapasiteitsbeperkings, en dat die die Universiteit se veiligheidsprotokolle ook van toepassing is vir die Endlersaal.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans beskikbaar by Quicket en by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!