Cape Consort
5 February 2017 @ 4:30 pm - 6:30 pm
| R100 – R140Enchanting Eyes
Duetti, Canzoni & Arie
deur Monteverdi, Carissimi, Frescobaldi, Strozzi en Legrenzi
Die skoonheidsopvattings van die Barok kan geïnterpreteer word as ‘n (poging tot die) uitdrukking van waarheid, en hou noue verband met die visuele, dus die oog. Nie alleen stel oë mens in staat om skoonheid waar te neem nie, maar word ook in sigself met verleidelikheid geassosieer. Die oog verskyn dus gereeld in die musiek van die Barok in die vorm van metaforiese voorstellings van oë as sterre, lampe, strale, lig en vuur. Die ander, gevaarlike sy van die oog kan egter ook neerkom op ‘n valstrik vir die prooi, dit wil sê, sonder om enige liefdesbeloftes na te kom! Met ‘n geringe klemverskuiwing kan dieselfde metafoor dreigend, selfs wreed en hartvogtig wees.
Die Endler Konsertreeks van 2017 neem ‘n gepaste aanvang met ‘n program deur die Cape Consort- ensemble vir die 450ste herdenking van Monteverdi se geboortejaar, met musiekitems op die tema van “oë”. Die musiek van Monteverdi en sy tydgenote – wat destyds as modern beskou sou word – wil hierdie uitvoering aksentueer wat hierdie komponiste wou bereik: die konfrontasie van die luisteraar met die fassinerende en betowerende aard van skoonheid, in die vorm van musiek. Kom vir betowering, maar wees gewaarsku!
Elsabé Richter en Antoinette Blyth – sopraan
Erik Dippenaar – klawesimbel
Hans Huyssen – Barok-tjello