Loading Events

Dancing on Glass is ‘n ko-produksie tussen die Odeion Strykkwartet en die Kaapstadse Dance for All-groep, waarby die media van strykkwartet en gechoreografeerde dans treffend byeengebring word op die basis van Philip Glass se minimalistiese musiek vir strykers. Ander musiek wat by geleentheid gehoor sal word, is Vierde Dans – uit die Suid-Afrikaner Kevin Volans se treffer van die tagtigerjare, White Man sleeps – asook Jenkins se Fifth Season.

Die uitvoering vind plaas op Woensdag 8 Maart om 17h00 in die Endlersaal.

Share This Story, Choose Your Platform!