Loading Events

Die Kaapstadse ghitaris Derek Gripper se musiek spruit voort uit verskillende bronne. Benewens Europese tradisies is daar ook elemente van avant-garde Brasiliaanse musiek, die Kora-repertoire uit Mali, Kaapse volksmusiek, en Indiese “klassieke” musiek. Gripper se onlangse navorsing oor die werk van Mali se kora-spelers het gelei tot wat Gripper beskryf as ‘n nuwe ghitaar-genre, gebaseer op die ryk musikale grondstowwe uit Afrika. Die sukses van sy onderneming het wye byval gevind vanweë sy vaardigheid en musikale vermoëns.

Share This Story, Choose Your Platform!