Die Feëkoningin
2 March 2018 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R350Vir die eerste keer vat Kaapstad Opera hande met die Universiteit Stellenbosch se Musiek en Drama Departemente vir ‘n nuwe produksie van Purcell se Die Feëkoningin. Hierdie produksie, wat deel vorm van die Naspers Groot Meesters-reeks, sal te sien wees by die US Woordfees. Ná die sukses van Kaapstad Opera se Orfeo van Monteverdi, neem Erik Dippenaar weer sy plek in as dirigent van die Camerata Tinta Barocca, ‘n Barok-ensemble.
‘n Nuwe veeltalige teks deur die bekroonde Wessel Pretorius put inspirasie uit Shakespeare se A Midsummer Night’s Dream. Dit word gevat in die hede geplaas danksy Alan Swerdlow se innoverende produksie. Met treffende ontwerpe vir die Spier Amfiteater deur Michael Mitchell, Maritha Visagie en Kobus Rossouw, beloof Die Feëkoninging om ‘n voorste en vermaaklike Barok-opera onder die Kaapse somersterre te wees.
2, 3, 4 & 5 Maart om 20:30-22:00
Spier Amfiteater, Stellenbosch