Die Kruisiging
5 March 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R130Ten spyte van `n opbloei van gewyde musiek oor `n taamlik wye spektrum in Suid-Afrika gedurende die laaste paar dekades, is `n toonsetting van die lydensgeskiedenis van Jesus Christus in Afrikaans nog nie aangepak nie. Met Die Kruisiging probeer Winfried Lüdemann hierdie leemte op `n beskeie wyse vul.
Die Kruisiging is `n toonsetting van die lydensverhaal van Jesus Christus volgens die Evangelie van Johannes, vir onbegeleide kamerkoor en soliste. Teen die agtergrond van die vyfhonderdjarige herdenking van die Hervorming sluit die werk aan by die ou Protestantse tradisie van a cappella-toonsettings van die onopgesmukte evangelieteks met gepaste rolverdeling, gekombineer met variasies op die gesang Vervul, o Heer, my hart met stille wyding.
Vir die uitvoering van Die Kruisiging tree `n professionele vokale ensemble onder leiding van Martin Berger.
Die jong kunstenaar Ydi Coetsee het `n reeks van sewe tekeninge geskep, wat tydens die uitvoering op `n skerm geprojekteer word en sodoende `n visuele dimensie aan die musikale verloop van die verhaal verleen. Die gelyktydige aanbieding van musikale en visuele interpretasies van die lydensverhaal van Christus, wat reeds vanaf die konseptuele stadium op mekaar afgestem is, is waarskynlik nog nie vantevore aangedurf nie. Dit gee aan hierdie geleentheid `n besondere betekenis.