Loading Events
  • This event has passed.

Christian Bester (bariton) en Pieter Grobler (klavier) voer ‘n seleksie kleurvolle Franse en Afrikaanse kunsliedere uit. Op die program is Maurice Ravel se versameling liedere oor die dierelewe, Histoires Naturelles, Niel van der Watt se Boesman-liedsiklus) asook  ‘n paar lighartige liedere uit Albie Louw se bundel: Lawwe Versies vir Stoute Kinders. Hierdie is ‘n vriendelike en innemende program vir alle musiekliefhebbers, en die hele gesin.

Die uitvoering vind plaas op Sondag 30 September om 4:30 nm in die Fismersaal, Stellenbosch.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!