This event has passed.
Die Soldaat se Storie
5 March 2018 @ 8:30 pm - 10:00 pm
| R110 – R130
Met: Niël Rademan (verteller), Visser Liebenberg (klarinet), Misha Melck (klavier) en Ané van Staden (viool)
Musiekinstrumente is die karakters in dié vertelling propvol humor en drama. L’Histoire du Soldat (Die soldaat se verhaal) is ’n
musikale verhoogstuk deur Igor Strawinski en vertel die verhaal van ’n soldaat wat sy viool aan die duiwel verkwansel in ruil vir
onbeperkte geldelike voordele. Die vioolmusiek is opsetlik grof en word ongevraagd onderbreek deur die klarinet wat skynbaar ’n
wil van sy eie het. Die klavier vervul die rol van die ritme-seksie asook ’n tipiese honky tonk-kroegklavier. Die ritme verander
voortdurend en die musiek is ’n los samestelling van jazz-elemente, Weense wals en ragtime.