Dizu Plaatjies en Ibuyambo
7 March 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R130Op 7 Maart om 20h00 bied die Woordfees in samewerking met die Endler Konsertreeks die kombinasie Dizu Plaatjies en Ibuyambo. Tydens dieselfde konsert stel hulle ook hulle SAMA-bekroonde album Ubuntu – the common string vry. Ibuyambo het die plaaslike musiektoneel aangenaam verrras het met sy tradisionele en neo-tradisionele klanke, alles byeengebring deur orkesleier Dizu Plaatjies se sensitiewe benadering tot die idioom.
Hierdie groep, wat veral fokus op die gebruik van Afrika-slaginstrumente, voer die moontlikhede met hierdie instrumente tot die uiterste, en skep daardeur nuwe en vindingryke klanke. Plaatjies se belangstelling in die musikale tradisies eie aan Afrika het meegebring dat die orkes die ritme-verskeidenheid van Afrikalande soos Zimbabwe, die Kongo en Mosambiek ontgin het. Hierdie ritmes het Plaatjies se eie komposisies en tekste binnegedring om ‘n eie en unieke klankkarakter te vorm. Die musikale resultaat is beide meditatief en uitdagend, en is ‘n voortsetting van die Afrika-musiektradisie om mense bymekaar te bring.