Drakensberg Seunskoor
22 November 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die laaste van die Endler Konsertreeks se 2017-seisoen is ‘n feestelike hoogtepunt in die geselskap van ‘n ware Suid-Afrikaanse juweel: die Drakensberg Seunskoor.
As deel van hulle 50ste bestaansjaar bied die koor ‘n Kersfeeskonsert in die oortreffende trap. Kom saam vir ‘n vroeë Kersfees-ervaring, en kom in die stemming vir die spesiale feesgety. Hierdie musiek oorspan meer as 700 jaar van die musiekgeskiedenis, ‘n reis deur etlike musiekstyle – vanaf hemelse klassieke koorrepertorium tot by meevoerende items uit die Pop-arena, sentimentele carols sowel as inheemse liedere, almal verseker musikale plesier vir oud en jonk. Die Seunskoor staan op die voorpunt van die koorgenre, hier te lande en buite Suid-Afrika, en slaag daarin om die stereotipe grense van hierdie kunsvorm te verbreed. Musikale en feestelike genoegdoening is die wagwoord hier.
Die konsert vind plaas op Woensdag 22 November 2017 om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.