Loading Events

Die bekroonde Tygerbergkinderkoor (olv Karina Erasmus) en Kaapstad Camerata (olv Leon Starker) sal SA in Tolosa, Spanje, verteenwoordig gedurende die 55ste Tolosa Baskiese Koorkompetisie. Slegs 6 kinderkore en 11 kamerkore van regoor die wêreld word genooi om deel te neem. In hierdie vertoning ter voorbereiding vir hul deelname, sal voorgeskrewe werke in die Baskiese taal opgevoer word, asook ander werke wat spesiaal vir die kompetisie voorberei is, in wat beloof om ‘n meesleurende musikale ervaring te wees.

Share This Story, Choose Your Platform!