Fidelio Trio
26 August 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Fidelio Trio se optrede in die Endlersaal vorm deel van die Endler Konsertreeks se Prestige-reeks. Dit vind plaas op Saterdag 26 Augustus om 20h00. The Fidelio Trio se repertorium strek besonder wyd. Dié Londense trio bestaan uit die Ierse musici Darragh Morgan (viool), Mary Dullea (klavier) en Adi Tal (tjello).
Hierdie kandidate vir die prestigeryke Royal Philharmonic Society Award het reeds in die Wigmore-saal, die Kunssentrum van Shangai, die Morrison Artists Series van San Francisco opgetree, en onderneem gereelde toere na Asië , die VSA en Europa. Hulle tweede Chinese toer word juis in 2017 onderneem. Hulle het reeds meer as 100 eerste uitvoerings van nuwe trios gegee, en het ‘n uitgebreide discografie tot hulle krediet, insluitende die onlangse vrystelling met werke van Saint-Saëns en Ravel, op Resonus Classics, wat hoog aangeskryf is deur Gramophone Magazine.
Die program sluit in Beethoven se Klaviertrio op. 70/1 (Geistertrio), Ravel se Trio in a- mineur en Smetana se Klaviertrio in f-mineur, op. 15
Kaartjies vir R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket en ook by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.