Loading Events

Die Endler-Konsertreeks bied graag aan die bekroonde Suid-Afrikaanse bariton William Berger, en begelei deur pianis pianist José Dias, in ‘n liedprogram  “From Darkness into Light”. Die geselekteerde musiek is ‘n refleksie van die wêreldwye pandemie-ervaring, met temas van verlies, vrede, herinneringe, nadenke, liefde en hoop. Die program sluit werke in van Ravel, Schumann, Schubert, Arnold van Wyk, Barber, Puccini, Faure en Strauss, om maar enkele te noem.

William Berger was ‘n lid van die Drakensberg Seunskoor, en op ouderdom 17 die eerste ontvanger van die Deon van der Walt UNISA/SAMRO-beurs, ten einde sy studies aan die Koninklike Musiek-Akademie in Londen voort te sit. Na sy ontvangs van die Lucerne Feesprys tydens die Ernst Haefliger-kompetisie in Switserland het William hom bewys as ‘n kunstenaar wat op internasionale vlak kan meeding, en het in 2019 in beide die Koninklike Opera in Londen en die Kennedy Center in Washington gedebuteer.

José Dias is reeds ‘n bekende by plaaslike gehore. Hy is ‘n gereelde gas in alle plaaslike konsertsale en kunstefeeste in Suid-Afrika, en is gereeld in aanvraag as solis, kamermusikus, liedbegeleier en stemafrigter. Hierbenewens is José ook ‘n deelydse dosent aan die Konservatorium, waar hy nou betrokke is by die sang- en koorafdelings.

Hou asseblief in gedagte dat vir alle lewendige uitvoerings die huidige beperkings van 50% ruimte in die Endlersaal sal geld, asook alle veiligheidsmaatreëls soos neergelê deur die Universiteit.

Die konsert van 20 Mei begin om 7nm. in die Endlersaal. Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans bekikbaar by Computicket en by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!